Ek, Marna, wil jou uitnooi om die nuwe MentorProgram te gebruik om jou wiskunde weer 'n bietjie makliker te maak.

Kort video’s wat graad 8 tot 12 wiskunde van "scratch" af verduidelik
’n Help-My-Onthou-boek met stap-vir-stap “resepte” vir elke tipe som
Ondersteuning tussen klasse — sodat jy nie agter raak nie


Dis dieselfde videos - maar ons het nog videos bygesit
Die videos is steeds in pakkies opgedeel - maar duideliker volgens graad gemerk
Die search function is beter
Jy is nou deel van 'n gemeenskap waar jy kan sien - jy is nie alleen nie!
Met die MentorProgram kry jy orals dieselfde toegang — jy besluit net hoe jy wil betaal.
Kies die opsie wat die beste vir julle werk.

Kry volle toegang tot die MentorProgram (tot einde 2026) met ’n eenmalige betaling - Help-My-Onthou boek uitgesluit
Pro-rata*, geen verrassings, geen herhalende fooie — jy is klaar betaal en kan rustig fokus op jou werk.

Kry volle toegang tot die MentorProgram - Help-My-Onthou boek uitgesluit.
Deel die koste oor maklike maandelikse paaiemente.
Jy kry steeds al die voordele — sonder om alles op een slag te hoef betaal.
MentorProgram is ’n selfstandige leerplatform wat studente ondersteun waar en wanneer hulle dit nodig het — ongeag of hulle nog op skool is, reeds klasgee, of wiskunde weer opneem ná matriek.
Die platform is ontwerp om duidelike, gestruktureerde verduidelikings te gee van wiskunde volgens die CAPS- en IEB-sillabusse, met stap-vir-stap videos in Afrikaans. Dit beteken studente hoef nie vas te sit of te wag vir hulp nie — die verduideliking is reeds beskikbaar.
MentorProgram werk soos ’n betroubare verwysingspunt:
✔️vir skoolleerders wat ekstra ondersteuning of hersiening nodig het
✔️vir tutors en onderwysers wat konsepte wil opklaar of verduidelikings wil herhaal
✔️vir ex-matrikulante wat hul wiskunde wil verbeter of eksamenvoorbereiding doen
Studente gebruik die platform teen hul eie tempo, op hul eie tyd, en kan soveel keer teruggaan na ’n verduideliking as wat nodig is.


Jy kry toegang tot:
👉 ’n omvattende biblioteek van wiskunde-verduidelikings in Afrikaans
👉 CAPS- en IEB-belynde inhoud van Graad 8 tot 12
👉 ’n veilige, wagwoord-beskermde leeromgewing
👉 ondersteuning wanneer jy vashaak
👉 die vryheid om voor te berei, te hersien en te oefen wanneer dit jou pas
MentorProgram help jou om met selfvertroue te leer, beter te verstaan, en nooit weer sonder rigting of hulp te wees nie.

Van 16% na 53% in een kwartaal

“Die videos het dit net alles vir my makliker gemaak om te verstaan veral omdat ek kon teruggaan na vorige grade se verduidelikings ook.”

Graad 12

“Ek het definitief meer confidence gekry om die somme te doen en dit op 'n meer eenvoudiger manier te verstaan.”

Leerling sonder 'n tutor

“Ek wil net weer sê dankie vir al die hulp! Sonder die videos het ek nie die kwartaal wiskunde deurgekom nie.”

Dit kan - maar dit moenie.
Die beste wiskunde ondersteuning sal ALTYD 'n regte mens, met 'n senuweestels, wees.
'n Regte mens wat vir jou omgee, by jou incheck en leiding gee waar jy vashaak.
Die realiteit is egter dat almal nie toegang het tot so 'regte mens' nie - hetsy as gevolg van geld, tyd en/of neurodiversiteit beperkings en behoeftes.
Die MentorProgram is die volgende beste opsie - hier is 'n regte mens wat vir jou omgee, by jou sal incheck en leiding sal gee as jy vashaak - ons doen dit net virtueel, met videos en WhatsApp boodskappe!
Nee — hulle is kort en fokus net op een idee op ’n slag.
’n Stap-vir-stap resepteboek vir elke tipe som. Dit vergesel die Recap videos wat elke graad se werk vinnig en flink hersien.
Die Help-My-Onthou boeke is vanaf begin Maart beskikbaar.
Ons wys vinnig waar om te kyk en hoe om weer op dreef te kom. Marna is altyd in die groepe en op Whatsapp teenwoordig.
By die maandelikse opsie kan jy kanselleer voor die volgende betaling.
Kontak ons — ons soek altyd ’n oplossing wat jou kind help vorentoe beweeg.